Psalms 34:10
(10) (34:11) Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
In my gebedstyd vanoggend het ek die Here hoor sê dat Hy nie kompeteer teen ander stemme in ons koppe nie. Hy wil hê ons moet na Hom toe kom, ons gedagtes stil maak en doelbewus luister na Hom. Ons moet ‘n keuse maak om Hom te hoor. “Draai jou oor na die Here”.
Soek is ‘n werkwoord – dit is ‘n aksie. Ek soek God se stem oor sekere dinge en besef dat ek verwag het God gaan my lei selfs deur die geraas rondom my. Ek het altyd gesê dat God my sal lei ongeag wat. Dit is waar as ons gaan stil word in daai tye. Ons moet God respekteer en die ander stemme stilmaak. Die wêreld, geld en familie sake sal ons harte so oorneem en dryf dan die stem van die Here uit. God kompeteer nie vir aandag nie!
Dit is krities dat ons almal gereelde tyd met die Here moet hê. Ons moet daagliks tyd maak sodat ons nie aanhou hardloop met die lewe sonder dat die Kaptein die skip seil nie. Die Kaptein sal die skip stuur as ons Hom toelaat, maar as ons Hom nie toelaat nie staan Hy by en sien hoe ons die verkeerde rigting gaan, tot ons weer stop en uitroep en Hy ons dan weer terugvat na waar ons van koers gegaan het.
Ek wil julle uitdaag om die moeite te maak om meer tyd in die teenwoordigheid van die Here te spandeer, daagliks. Ek het oor die jare geleer dat hoe meer tyd ons saam God spandeer hoe meer vryf Sy reuk aan ons af en hoe meer ken ons Sy gedagtes. As ons kan weet hoe God dink sal ons weet wat om te doen in elke situasie. So, sit die TV en die rekenaar af en sit die Woord van God aan in jou lewe. Stem jouself in met God en laat Sy uitsending jou gedagtes en hart bereik. Raak ontslae van die geraas wat die uitsending benadeel. God sal vir ons groot en wonderbaarlike dinge wys en sal ons groot gebruik as ons net vir Hom sal tyd gee.
Welcome Blogger
Welcome to the Devotions wall. Please read and enjoy the writings. Feel free to comment, but please remember to keep it clean and edifying. You can email me at schalk@koinononiaoutreach.co.za if you have questions or if you need to talk to me. Visit our website at www.koinoniaoutreach.co.za
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment