Welcome Blogger

Welcome to the Devotions wall. Please read and enjoy the writings. Feel free to comment, but please remember to keep it clean and edifying. You can email me at schalk@koinononiaoutreach.co.za if you have questions or if you need to talk to me. Visit our website at www.koinoniaoutreach.co.za

Monday, March 15, 2010

Devotion 101 - Afrikaans

Job 22:21
(21) Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

Die King James Vertaling sê ons moet bekend word met God en vrede hê. Die sentrale tema hier is dat om vrede te kan hê moet ons reg staan voor God en met Hom vrede hê. Dit is heeltamal moontlik om so te lewe want Jesus het ons reeds reg gestel voor die Vader deur die skuldbrief van sonde wat teen ons gestaan het aan die kruis vas te nael. Daar is geen persoon wat apart van God hoef te lewe hier op aarde of selfs na die dood nie. Ewige eenheid met God was nog altyd God se plan vir die mensdom. Ongelukkig is daar biljoene wat lewe asof hulle nie met God verenig is nie en biljoene het reeds in die toestand gesterf en brand vir ewig in die vlamme van die hel. Nie jy of enige iemand wat jy ken hoef hel toe te gaan nie, moenie!!! Keer jou hart na Jesus Christus en ontvang in geloof Sy verlossing.

My vriend, as jy nie vrede het in jou lewe nie maak dan reg met God vandag. Ek praat nie net van bekering hier nie, maar enige vorm van onrus wat jy ervaar in jou innerlike mens asook in jou omstandighede kan onder God se beheer gebring word. Baie kinders van God het nie vrede nie en moet weer by God uitkom. Ek praat uit ervaring hier want ek het ook dinge en mense wat my vrede wil steel op ‘n gereelde basis en moet elke keer my rus in Hom vind. As jy eers vrede maak met God dan sien jy sommer al die ander goed ook in ‘n ander lig. Bely jou sondes aan die Here en stem saam met Hom dat dit reeds vergewe is en ontvang daardie vergifnis diep in jou wese. Wandel dan elke oomblik in die wete dat jy die geregtigheid van God is deur Jesus Christus. Jy kan vrede hê want jy is reeds reg geplaas voor God deur Jesus se dood en opstanding.

Soek God vandag, Hy is nader aan jou as jou vel. Jy sal Hom vind want Hy het Homself nog nooit weggesteek nie. Moenie toelaat dat gevoelens van minderwaardigheid, sondigheid of skuld jou van die Vader af weg hou nie. Jesus het reeds die prys betaal. Hallelujah.

No comments: