Welcome Blogger

Welcome to the Devotions wall. Please read and enjoy the writings. Feel free to comment, but please remember to keep it clean and edifying. You can email me at schalk@koinononiaoutreach.co.za if you have questions or if you need to talk to me. Visit our website at www.koinoniaoutreach.co.za

Monday, March 22, 2010

Devotion 102 - Afrikaans

Job 22:22
(22) Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

Ek gaan voort vanaf laasweek se skriflesing. Ons het laasweek gehoor ons moet terugkeer na God en Sy vrede kry. Hierdie week se skrif is die sleutel om daardie vrede te behou. Die Woord van God is konstant en verander nooit nie en is ‘n wonderlike bron van stabiliteit en vrede in mens se lewe. As jy eers jou hart gevestig het op die integriteit en onveilbaarheid van die Woord sal jy onmiddelike groei in jou lewe sien.

Die Bybel bevat God se woorde en die instruksies van Sy mond. Dit is hierdie woorde wat ons moet lees, op mediteer en in ons harte ontvang. Die Woord van God sny diep in ons harte in en ontbloot die diepste oordenkinge en intensies en dit is ook die motor van ons transformasie soos Paulus skryf in Rom 12:2. Ek het al soveel keer gesien hoe ek, of iemand anders, sukkel met ‘n sekere sonde of gewoonte en jy probeer hard om die ding onder beheer te bring maar jy bly val. Dan terwyl jy die bybel bestudeer breek die openbaring in jou hart deur en in ‘n oogwink is daardie probleem weg en is jy vry van die bande van daardie sonde. Dit sal slegs gebeur as jy die Woord lees met geloof en ‘n verwagting dat iets gaan gebeur. Dit help nie jy lees net uit gewoonte en jou hart is nie sag teenoor die Heilige Gees nie.

Ek wil jou aanmoedig om vandag die Woord te studeer en om die Woord op jou lippe te neem. Wees gehoorsaam aan wat God sê en vertrou Sy woorde. As die Woord sê jy is genees dan is dit so, daar moet geen vraag verder oor dit wees nie. As die Woord sê jou behoeftes is vervul dan rus jy in daardie wete dat die Vader sal voorsien. Mense glo makilker ander mense se woorde as God se woorde, en dit is ons probleem. Die koerant en Huisgenoot en al die tydskrifte het meer gesag in mense se lewens as Die Bybel, sies man!

Ek hoor mense sê dat ons almal gaan sink in hierdie land van ons agv die korrupsie van die regering, maar die Woord sê dat die regverdige die land sal besit. Is jy regverdig, het jy al vir Jesus ontvang as jou verlosser en is jy in verhouding met Hom? Indien wel dan kan jy staan op die Woord van God en dit sal goed gaan met jou te midde van die krisis en jy hoef niks te vrees nie. God sal voorsien, beskerm en deure oopmaak. As jy konstant op die Woord sal staan sal jy ook konstant Sy seën ervaar in jou lewe en sal jy ‘n vervulde lewe hê. Sy Woord kan nie faal nie, so gaan en bestudeer Sy Woord vandag!

No comments: